Israel daavan beskuldig dat hulle mense skiet wat wou kos kry

Lees ook :

Israel daavan beskuldig dat hulle mense skiet wat wou kos kry
Israel daavan beskuldig dat hulle mense skiet wat wou kos kry fotokrediet: Canva

Lees ook: Dodetal in Gaza nou 30 000

GAZA. – Die dodetal in Gaza het gister gestyg na meer as 30 000 na Israel glo mense wat wou kos in die hande kry, doodgeskiet het. Altesaam 104 mense is gister dood en meer as 750 is in die aanval gewond.

Israel het gesê die weermag het geskiet op mense wat op die trokke en ‘n tenkwa geklim het om by die konvooi uit te kom. Hulle het gesê hulle het eers waarskuwingskote afgevuur en toe “enigiemand wat ‘n bedreiging was” geskiet. ‘n Lid van die Israeliese weermag het gesê die voorval word ondersoek, maar hulle het slegs “die wat ‘n bedreiging was” geskiet.

Die Israeliese eerste minister se woordvoerder het gesê die konvooi is “oorweldig deur mense wat dit probeer plunder het en bestuuders het deur die groep mense geploeg, wat baie doodgemaak het”.

Verskeie lande oorweeg om hulppakkies uit die lug te laat val eerder as om trokke te stuur.

Bronne: CBS News, SCMP, ABP Live

Lees ook: Dodetal in Gaza nou 30 000

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief