Lees ook: VSA sê Israel moet eerlik wees oor aanval op Gaza-skool
GAZA. – Die Israeliese weermag het vier gyselaars ontset wat op 7 Oktober by die Nova-musiekfees ontvoer is.
Noa Argamani (26), Almog Mei Jan (22), Andrei Kozlov (27) en Shlomi Ziv (41) is weer terug in Israel en met hulle gesinne herenig.
Die Israeliese weermag het gesê minder as 100 mense is dood tydens die reddingsoperasie, maar volgens Hamas is die getal 274.
Bronne: BBC, The Sun, AP News