ISRAEL. – Israel het 40 000 reserviste opgeroep vir die nuwe militêre operasie om Gasastad oor te neem.
Lees ook: Israel keur volledige oorname van Gasastad goed
Die weermag is reeds besig om Gasa se grootste woongebied in te dring waar dit sê Hamas ’n vesting het.
Plaaslike hospitale het gesê meer as 50 Palestynse burgerlikes het sedert gister in Israeliese lug-en grondaanvalle omgekom.
Die Israeliese weermag het inwoners beveel om te ontruim en dadelik suid te beweeg.
Die eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê Israel sal die hele Gasa oorneem en dat die veiligheidskabinet Sondag ingestem het die Israeliese weermag se doel is “om Hamas te oorwin en al die gyselaars te bevry”.
Bronne: The Independent, BBC, DW – South Africa





