Israel sê Suid-Afrika het die waarheid verdraai in volksmoordsaak

Lees ook :

Israel sê Suid-Afrika het die waarheid verdraai in volksmoordsaak
Israel sê Suid-Afrika het die waarheid verdraai in volksmoordsaak fotokrediet: Canva

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

DEN HAAG. – Israel het gesê Suid-Afrika verdraai die waarheid in die volksmoordsaak voor die Internasionale Geregshof.

Suid-Afrika het Israel van volksmoord teen die Palestynse burgers in Gaza beskuldig. Hulle het ook die hof gevra om Israel te beveel om hul militêre operasies in Gaza op te skort.

Suid-Afrika het gesê Israel oortree die 1949-volksmoordooreenkoms.  Die Suid-Afrikaanse prokureur Tembeka Ngcukaitobi het gesê Israel se “intensie” om volksmoord te pleeg is “duidelik uit die manier waarop die militêre aanvalle uitgevoer word”.

Hy het gesê Israel het ‘n plan om Gaza te “vernietig”, wat “uit die hoogste vlakke van die staat kom”.

Dit kan jare neem vir die hof om te beslis of Israel aan volksmoord skuldig is.

Bronne: BBC, EWN, CNN

Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief