Israeliese lugaanval tref naby liefdadigheidskombuis in Gaza

Lees ook :

Israeliese lugaanval tref naby liefdadigheidskombuis in Gaza fotokrediet: X

GAZA. – ’n Israeliese lugaanval het gister (Maandag) getref langs ’n liefdadigheidskombuis waar Palestynse burgerlikes gestaan het om gekookte kos te kry. Hospitaalowerhede het gesê sowat ses mense is in die aanval dood, meestal vrouens en kinders, en tien is gewond.

Lees ook: ANC wil praat met partye in en buite RNE oor begroting

Nog ’n lugaanval het ’n mediatent buite ’n hospitaal getref. Twee mense, insluitend ’n plaaslike joernalis, is dood en ses ander joernaliste is gewond. Israel het beweer die teiken van die aanval op die mediatent was ’n Hamas-militant wat hom as ’n joernalis voorgedoen het. ’n Dokter wat in Noodgevalle werk, is dood in ’n aanval op ’n straat in Gaza-stad. Hospitale in Khan Younis en Deir al Balah het gesê dit het die liggame van 33 mense ontvang, 19 van vrouens en kinders.

Daar is tans betogings in Israel na die eerste minister, Netanyahu, met president Trump in Washington oor Gaza vergader het. Betogers het buite sy kantoor geëis dat ’n ooreenkoms bereik moet word om die gyselaars te bevry.

Bronne: LA Times, TIME, National Herald

Lees ook: ANC wil praat met partye in en buite RNE oor begroting

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief