WES-KAAP. – Jacques Umans (66) en Marlene Umans (68) is Maandagmiddag dood met skietwonde in Bavajantjiestraat, Jacobsbaai, gevind.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die Saldanhabaai-polisie het ’n moord- en ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer nadat polisiebeamptes op 31 Augustus kort voor 16:00 by die toneel opgedaag het. Die egpaar is volgens die polisie met skietwonde aan die kop en gesig gevind. Die omstandighede van hul dood word ondersoek.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan Crime Stop by 08600 10111 kontak of die MySAPS-toepassing gebruik om inligting anoniem deur te gee.
Volgens Weslander moes die egpaar Maandag in die hof verskyn en was vir bedrog van ongeveer R7 miljoen aangekla.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: