Jake Paul wen vir Mike Tyson!

Lees ook :

Die langverwagte geveg het die volle 8 rondtes geduur!.

Jake Paul wen op die telkaarte 80-72, 79-73 en 79-73. Dis die eerste keer in Mike Tyson se professionele loopbaan wat hy met punte verloor, al die ander het gekom deur ‘n uitklophou.

Rondte een het meeste vir Tyson gegee, hy was aggressief en het lekker houe geland. Maar verder was dit afdraand vir die 58-jarige wat sy bes probeer het, maar sy liggaam wou nie meer saamspeel nie. Sy voetwerk was stadig en hy het voorgekom asof hy dodelik moeg was.

Maar sy hart het hom deurgedra en hy het nooit opgegee nie.

Wie wel ‘n uitklophou gekry het, is NetFlix wat vir die eerste keer ‘n sportbyeenkoms uitgesaai het. Dit het begin haak net voor die geveg, en die hele Suid-Afrika is vies omdat hulle nie die stryd kon sien nie!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief