Die bekende Afrikaanse sanger, Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, is al ‘n “paar dae” lank bedlêend en ervaar erge breinswelling. Hy het die hartseer nuus deur middel van ‘n emosionele Instagram-plasing met sy aanhangers gedeel.
Die sanger het in September 2022 vir die eerste keer aangekondig dat hy met
breinkanker gediagnoseer is. Sedert sy aanvanklike diagnose het Bloukaas getrou sy kankerreis met sy aanhangers gedeel. In 2023 het hy opgewonde laat weet dat die kankergewas gekrimp het, maar 2024
het egter nuwe uitdagings gebring. Bloukaas het vroeg in die nuwe jaar laat weet dat die kankergewas ongelukkig weer begin groei het. Hy het in Mei sy laaste optrede by die Melkfest-musiekfees by die Idlewild Country Estate in Pretoria gehad.
Terwyl Jan Bloukaas sy kankerstryd voortsit, het sy volgelinge en medekunstenaars hul steun en simpatie betuig. Sy moed en vasberadenheid bly ‘n inspirasie vir almal wat hom en sy musiek waardeer.