Jan Boland Coetzee oorlede

Lees ook :

Jan Boland Coetzee oorlede fotokrediet: X

Die oud-Springbok en bekende wynmaker Jan Boland Coetzee is gister in die ouderdom van 80 oorlede. Coetzee is oorlede ná hy ‘n kort rukkie siek was.

Lees ook: Voormalige Springbok-rugbyspeler Bevin Fortuin sterf op 46

Hy het vir die WP rugby begin speel in 1967 en het in 127 wedstryde gespeel en 37 drieë gedruk. Coetzee het ses keer vir die Springbokke tussen 1974 en 1976 uitgedraf.

Hy het later naam gemaak as ‘n wynboer en wynmaker op Kanonkop en het in 1980 Vriesenhof gekoop waar hy baanbrekerswerk gedoen het om die druifvariëteite chardonnay en pinot noir in Suid-Afrika te vestig.

Bronne: SABC, Wine.co.za, WineMag

Lees ook: Voormalige Springbok-rugbyspeler Bevin Fortuin sterf op 46

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief