Die voormalige Springbok-speler, Bevin Fortuin, is gistermiddag op 46-jarige ouderdom oorlede, vermoedelik aan ‘n hartaanval.
Lees ook: Moordenaar van Charlie Kirk steeds gesoek
Fortuin, wat die Northam Rhinos se afrigter was, het vermoedelik ‘n hartaanval kort voor ‘n oefensessie gehad. Die amptelike oorsaak vir sy dood is nie bevestig nie.
Fortuin het in 1979 sy loopbaan by die SWD Eagles begin en het in 2005 by die Vrystaat Cheetahs aangesluit. Hy het in 2006 en 2007 vir die Springbokke gespeel.
Bronne: The South African, OFM, SA Rugby Magazine





