ROME, ITALIЁ. – ‘n Japannese toeris (69) is dood nadat hy van ‘n muur van die Pantheon in Rome afgeval het.
Lees ook: Meisie getref deur skoolbus – polisie ondersoek manslag
Morimasa Hibino het Vrydagaand sewe meter ver by die Pantheon geval en in ‘n sloot beland.
‘n Priester wat verbygeloop het, het Hibino se liggaam gesien en die polisie gebel. Nooddienste en brandbestyders moes glo ‘n hek buite die Pantheon oopdwing om by die liggaam uit te kom.
Plaaslike publikasie, la Repubblica, het berig die man het op die muur gesit, sy balans verloor en toe geval.
Die polisie ondersoek die oorsaak van sy dood.
Bronne: BBC, The Independent, Euronews
Lees ook: Meisie getref deur skoolbus – polisie ondersoek manslag





