Lees ook: Jay-Z en Diddy beskuldig van verkragting van meisie (13)
VSA. – Jay-Z en sy prokureurs het geëis dat die vrou wat hom en P Diddy daarvan beskuldig dat hulle haar verkrag het toe sy 13 was, geïdentifiseer moet word.
Die vrou, tans slegs bekend as Jane Doe, het beweer die kletsrymers het haar in 2000 verkrag na die MTV Video Music Awards toe sy 13 jaar oud was.
Haar prokureur het gesê Jay-Z en sy regspan het “professionele protokol” oortree toe hy Maandag sy “eie mosie” om die vrou se identiteit bekend te maak, ingedien het.
Die vrou se prokureur het glo ’n brief van Jay-Z se prokureurs ontvang waarin hulle hom van onetiese gedrag beskuldig.
Jay-Z het gesê die saak teen hom is ‘n poging tot afpersing.
Bronne: Daily Mail, Daily Record, Briefly
Lees ook: Jay-Z en Diddy beskuldig van verkragting van meisie (13)





