Jong rugbyspeler se afsterwe betreur

Lees ook :

Foto: Helpmekaar Kollege

GAUTENG. – Jude Stewart, ‘n gr. 10-leerling en o.16-rugbyspeler van Helpmekaar Kollege in Johannesburg, is gister (Donderdag) oorlede. Stewart het blykbaar tydens ‘n rugby-oefening inmekaargesak.

Daar sou vanoggend tydens saalopening spesiaal vir die jong seun gebid word. Hy laat sy pa, Lesley, sy ma Chantal, en broer Noah agter. Helpmekaar Kollege in Johannesburg het Jude se afsterwe op sosiale media bekend gemaak: “Liewe Jude. Jy sal vir altyd onthou word vir wie jy was en die lig wat jy sonder moeite geskyn het. Jy is vir éwig deel van ons Helpie-ketting. Rus sag.”

Medelye van skole stroom oor sosiale media in. Golden Lions Youth Rugby, Pirates Youth Rugby, Pirates Club en Pirates Rugy Club het ook medelye uitgespreek.

Mitchka S Prins het die volgende op sosiale media gedeel:

Skolerugby SA sê: “In Memoriam – Jude Stewart. Dit is met diepe hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van Jude Stewart, graad 10-leerling en o.16-rugbyspeler van Helpmekaar Kollege, wat vroeër vanaand oorlede is. As Skolerugby SA-gemeenskap bring ons, as admin en namens al ons groeplede, hierdie nuus onder julle aandag met groot respek. Ons harte gaan uit na sy ouers, sy familie, sy vriende, sy spanmaats en die hele Helpmekaar-skoolgemeenskap in hierdie ontsettend moeilike tyd. Mag julle omvou word deur liefde, gebed en ondersteuning. Ons bid vir krag, vrede en vertroosting vir elkeen wat Jude geken en liefgehad het. Rus sag, jong man. Ons innige meegevoel en opregte simpatie aan almal wat deur hierdie groot verlies geraak word. Skolerugby SA Admin

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief