Jong vrou in hof ná baba se moord

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ‘n Vrou (18) sal na verwagting in verband met die moord op haar pasgebore baba in die Tzaneen-landdroshof verskyn. Die pasgebore baba is huilend uit ‘n puttoilet gered.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die jong vrou van Matswi het glo Sondagaand swangerskapkomplikasies ervaar. Die klaer het die volgende oggend opgemerk dat die vrou weg is, waarna na haar gesoek is. Gemeenskapslede het toe ’n baba hoor huil en die kind is in ’n puttoilet aangetref. Die pasgebore baba is met hulp van die gemeenskap uitgehaal en na ’n hospitaal geneem vir behandeling, maar het ’n paar dae later gesterf.

Die polisie het ’n moordsaak geopen en die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief