Die 26-jarige Bernadine Engelbrecht is reeds sedert 3 Julie tussen 15:00 en 16:00 die middag vermis.
Haar sussie, Antoinette Engelbrecht, sê die laaste kontak wat hulle met haar gehad het, was op 3 Julie voor 16:00.
Engelbrecht het in Heuwelsig in Bloemfontein vermis geraak, maar haar familie vermoed dat sy in die Dan Pienaar-area is.
Indien enigiemand enige inligting het, kontak Antoinette by 0663405970.





