Mario du Plessis (32), die seun van sangeres Juanita du Plessis en haar man Doepie, en ook die tweeling van sangeres Franja du Plessis, is op 21 Maart met Anja (née Spies) getroud.
Mario en Anja het op 22 Februarie verloof geraak en was reeds vir agt jaar in ‘n verhouding voordat hulle die knoop deurgehak het. Anja het vyf dae gelede met ‘n foto op Instagram gesê Mnr. & Mev. Du Plessis. Sy het op 25 Januarie die kombuistee se foto’s gedeel.
Franja het op die troudag op Instagram ‘n foto van onder meer haar en Phillip van der Merwe, die getroude paartjie en hulle gevolg gedeel en gesê: “Du Plessis troue! Dit was so mooi dag! Baie trane van vreugde, baie lag, lekker kuier en memories vir altyd! Mag die Here julle net seën in hierdie nuwe hoofstuk!”
Frik van Heerden, Mnr. Suid-Afrika 2023-opvolger, het video’s van die gelukkige dag op Instagram gedeel. In een van die gedeelde opnames dans Juanita met die stralende bruidegom op die maat van Namibsroos, ‘n duet van haar en wyle Theuns Jordaan. “Baie geluk met julle troudag Mario & Anja! Dis was ‘n voorreg om dit met julle te kon deel. Mag Pappa God julle huwelik seën met geluk, oorvloed en kinders by die dosyne!”
Nuusflits wens die egpaar geluk met hulle huwelik.







One Response
https://farmaciabesurica.com/# farmacia online Italia