‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg

Lees ook :

‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m bedrieg
‘Juffrou’ in hegtenis wat onderwysdepartement glo uit meer as R1 m bedrieg fotokrediet: Canva

Lees ook: Perlemoen gekonfiskeer, buitelanders in hegtenis

MPUMALANGA. – ’n Vrou wat haar as ’n juffrou voorgedoen het, het die week in die hof verskyn na sy die onderwysdepartement glo uit meer as R1 m. bedrieg het.

Ntombelanga Pretty Labane (40) het 1 September 2016 aansoek gedoen om ’n werk as onderwyseres by die Sekondêre Skool Hlelimfundo in Amersfoort. Sy is aangestel, maar ’n fluitjieblaser wat geweet het sy het nie matriek deurgekom nie, het haar by die Public Service Commission rapporteer .

Die saak is ondersoek en in Julie 2022 aan die Valke oorhandig.

Labane het nie ’n matrieksertifikaat nie en het vier keer die eksamen gedop. Sy het glo ’n vervalste sertifikaat met iemand anders se nommer gebruik. Labane het na bewering daardie sertifikaat gebruik om haar B-ED graad en ’n SACE sertifikaat te kry.

Sy het ’n moontlike verlies van meer as R1 m. vir die departement van onderwys veroorsaak vanaf September 2016 wat sy betaal is. Labane het verdwyn en is later in hegtenis geneem.

Die saak teen haar is tot 13 Junie vir verdere ondersoek uitgestel.

Bronne: SAPD

Lees ook: Perlemoen gekonfiskeer, buitelanders in hegtenis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief