June Steenkamp se spraak verbeter ná beroerte

Lees ook :

Foto: Reeva Rebecca Steenkamp Foundation

June Steenkamp, die ma van wyle Reeva Steenkamp, herstel so ná haar beroerte in September 2025 dat sy ‘n nuwe sin kon sê: “This is terrible.”

Volgens die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation leef June met Wernicke se afasie, ’n toestand wat haar vermoë om taal te verstaan en sinvol te gebruik, beïnvloed. Persone met hierdie toestand kan steeds vlot praat, maar woorde kom dikwels deurmekaar voor. Die organisasie sê dit is moeilik om vir June te verstaan. Sy ervaar ook uitdagings om ander mense se spraak te begryp.

Ten spyte hiervan is daar tekens van vordering en word haar brein se funksie deur middel van herhaling gestimuleer. Volgens die stigting begin sy nou en dan kort, duidelike sinne vorm, wat ‘n groot aanmoediging is. Sy het onlangs almal laat glimlag toe sy gesê het: “This is terrible,” nadat haar tee sonder suiker voorgesit is – ’n ligte oomblik wat haar verbetering wys. Sy sou gewoonlik sê: “Ooh, this is beautiful.” June ondervind ook ander uitdagings, maar die organisasie het nie daarop uitgebrei nie.

Hoewel June se pad na herstel stadig is, word dit met geduld en volgehoue ondersteuning aangepak. Haar betrokkenheid en reaksie op haar omgewing word as positief ervaar. Die stigting het hul dank uitgespreek teenoor almal wat aanhou om June met liefde en ondersteuning by te staan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief