VK. – Jurielede in die verhoor van Julia Wandelt en Karen Spragg, die vrouens wat Kate en Gerry McCann glo bekruip het, is besig om ‘n besluit in die saak te maak. Julia Wandelt het beweer sy is Madeleine McCann en Karen Spragg het haar ondersteun en glo aan die bekruiping meegedoen.
Lees ook: Beweerde bekruiper van McCann-familie dink steeds daar is ‘n kans dat sy Maddie is
Die hof het DNS-bewyse voorsien wat bewys dat Julia Wandelt nie Madeleine McCann is nie en geen verwantskap met die McCann-gesin het nie.
Wandelt (24) en Spragg (61) word aangekla van die bekruiping van Kate en Gerry McCann tussen Junie 2022 en Februarie 2025. Hulle het opgedaag by die gesin se huis om DNS-toetse te eis, het hulle gebel en boodskappe gestuur. Albei het die aanklagtes teen hulle ontken.
Aanklaer Michael Duck het in sy sluitingstoespraak Wandelt en Spragg daarvan beskuldig dat hulle hulle “wou probeer afdwing” op die McCanns ten spyte daarvan dat hulle geweet het hulle “wrede en onvergeefbare” optrede teenoor die paar is verkeerd.
Wandelt se prokureur het gesê die jurielede moet haar onskuldig bevind, want sy verstaan nie haar agtergrond nie en het die McCanns net genader vir ‘n DNS-toets toe haar “geduld op was”.
Volgens Spragg se prokureur wou Wandelt uitvind wie sy is en Spragg wou haar net as ‘n “ware vriendin” help.
Bronne: The Irish News, Evening Standard, INKL
Lees ook: Beweerde bekruiper van McCann-familie dink steeds daar is ‘n kans dat sy Maddie is




