Kaapstad bewillig byna R100 m. vir hawelose ondersteuning

Lees ook :

Foto's: Stad Kaapstad

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het byna R100 miljoen in sy 2026/27-begroting geoormerk om hawelose mense wat op straat woon, te ondersteun, skuiling uit te brei en uitreikingsprogramme te versterk.

Volgens die Stad het die Straatmense-eenheid die afgelope jaar 10 127 mense geëvalueer en 22 843 opvolgbesoeke gedoen. Altesaam 2 115 mense is in skuilings of ander ondersteuningsprogramme geplaas, terwyl 163 met hul families herenig is.

Die grootste deel van die begroting – R87 miljoen – is bestem vir die bedryf van die Stad se vier Safe Spaces, na-ure-ingrypings, die Wintergereedheidsprogram, vir NRO-skuilings, korttermynwerksgeleenthede deur die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP), asook die Straatmense-eenheid se uitreik- en voorkomingsprogramme.

Rdl. Francine Higham, die burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die belegging sal die Stad help om meer verblyf te skep, uitreikspanne te ondersteun en kwesbare inwoners met skuiling, gesondheidsorg, maatskaplike dienste en geleenthede te verbind om hul lewens te herbou.

‘n Verdere R10,125 miljoen is vir die 2026/27-boekjaar opsygesit vir vyf akkommodasieprojekte: ‘n nuwe Safe Space in Kuilsrivier, die herontwikkeling van die Paint City Safe Space in Bellville, uitbreidings aan hawelose akkommodasie in Wynberg en Distrik Ses, asook die opgradering van die Oasis-skuiling. Die totale belegging in dié infrastruktuurprojekte beloop R62 miljoen oor die volgende drie jaar.

Die Stad bied ook hulp met identiteitsdokumente, maatskaplike toelaes, gesinshereniging, toegang tot dwelmrehabilitasie, vaardigheidsopleiding en werksplasings aan mense wat van die straat af gehelp wil word.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief