Kaapstad se damvlakke het met 12.4% toegeneem ná swaar reën tussen Sondag 10 Mei en Dinsdag 12 Mei in die gebied uitgesak het.
Lees ook: Kaapstad se damvlakke daal tot 49,2% terwyl waterverbruik steeds te hoog is.
https://nuusflits.com/kaapstad-se-damvlakke-daal-tot-492-terwyl-waterverbruik-steeds-te-hoog-is/
Volgens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad is die damvlakke steeds aan die styg soos water oor die komende dae verder in die damme vloei. Kaapstad ondervind tans nie in ‘n droogte nie en is ook nie op pad na “Dag Zero” toe nie. Water moet desondanks steeds spaarsamig gebruik word.

“Bly asseblief water bespaar selfs wanneer dit reën, aangesien sulke proaktiewe optrede sal help om Kaapstad se damme langer voller te hou,” sê Raadslid Zahid Badroodien, Burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Stad Kaapstad.
Badroodien het beklemtoon dat daar nie hierdie winter op onvoorspelbare reënval staat gemaak kan word nie. Om vroeë waterbeperkings sover moontlik te vermy moet die water in die damme tot volgende jaar die tyd hou.
“Veral in Mei, dat ons meer water kan opgaar voor die onsekere winterreënval, wat na verwagting minder as gemiddeld sal wees,”
Badroodien sê verder dat, volgens verbruikersstatistieke word 70% van water in groot volumes tuis gebruik en dat inwoners ‘n sleutelrol speel om hierdie tendens te verander.
Vir die belangrikste waterbesparing wenke kan leser die stad se webtuiste besoek: www.capetown.gov.za/savewater
Verder kan gebarste munisipale pype onmiddellik aan die Stad deur formele kanale aangemeld word. ’n Presiese ligging of adres moet verskaf word.
• Skakel 086 010 3089 (kies opsie 2)
• SMS 31373
• WhatsApp 060 018 1505
• E-pos [email protected]
Die Stad se aksieplan om waterwys te wees en ‘n waterveilige toekoms vir Kaapstad te bou is hier beskikbaar:
Bron: Stad Kaapstad





