Kaapstad kry finale uitsettingsbevele

Lees ook :

Kaapstad kry finale uitsettingsbevele
Kaapstad kry finale uitsettingsbevele fotokrediet: Canva

Lees ook: ANC het kaderrekords aan DA oorhandig

KAAPSTAD. – Uitsettingsbevele sal uitgereik word aan hawelose mense wat onwettig in Victoria- en Kloofstraat in Kampsbaai en Culemborgstraat in die middestad van Kaapstad bly. Hulle sal ook van onder hoofwegbrûe verwyder word, aangesien die brûe deur brande beskadig word.

Die uitsettingsbevele sal voor die volgende hofdatum in April 2023 uitgereik word.

Stad Kaapstad het gesê die mense wat uitsettingsbevele ontvang, is dié wat geweier het om die stad se hulp te aanvaar om na veilige hawes te gaan. Die stad het ook ’n program om hawelose mense te help om weer by die samelewing aan te pas, maar van die mense het geweier om daaraan deel te neem.

Kaapstad se burgemeester het gesê: “Geen mens het die reg om ’n openbare spasie as net hulle s’n te eis terwyl hulle enige aanbiedings van skuiling en hulp van die hand wys nie”.

Bronne: Business Live, Cape Town ETC., EWN

Lees ook: ANC het kaderrekords aan DA oorhandig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief