Kaapstad se eerste vroulike, swart burgemeester, Theresa Mary Solomon, oorlede

Lees ook :

Eerste vroulike, swart burgemeester van Kaapstad, Theresa Mary Solomon, oorlede fotokrediet: X

KAAPSTAD. – Medelye het ingestroom ná die dood van die eerste vroulike, swart burgemeester van Kaapstad, Theresa Mary Solomon.

Lees ook: Kouefront veroorsaak oorstromings in Wes-Kaap

Solomon is Maandag in die ouderdom van 79 oorlede. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het gesê Solomon “sal onthou word vir haar toewyding aan geregtigheid en aktivisme wat betekenisvolle veranderinge teweeggebring het, veral op die Kaapse Vlakte waar sy ’n deurslaggewende rol gespeel het in die stig van burgerlike organisasies om veldtogte te voer vir geriewe ná gedwonge verwyderings in die 1970’s. As ’n ma, aktivis en leier sal haar nalatenskap aanhou om nuwe generasies te inspireer”.

Solomon is in 1945 in Distrik 6 gebore en was Kaapstad se burgemeester vanaf 1996 tot 1998 en was later Suid-Afrika se hoë kommissaris in Kanada en Tanzanië.

Bronne: IOL, The Daily Voice, TimesLIVE

Lees ook: Kouefront veroorsaak oorstromings in Wes-Kaap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief