Kampsbaai-inwoners raadop oor plakkers

Lees ook :

Kampsbaai-inwoners raadop oor plakkers Foto's: Verskaf

KAAPSTAD. – Inwoners van Kampsbaai is hewig ontsteld oor plakkers wat al ’n geruime tyd op die strand-area uitkamp.

Een van die inwoners, Cornell Karsten, plaas gereeld foto’s op die Atlantic Seaboard Community Forum se Facebookblad.

Na bewering het sommige van die plakkers ’n maand gelede die area agter die rioolpompstasie aan die brand gesteek. Karsten vertel: “Gisteroggend het ek hulle vir die eerste keer reg voor Caprice onder die seile sien uitkruip. Hulle was omring deur rommel en bierbottels.” Hy is uitgeskel en gevloek toe hy hulle gevra het om hulle gemors op te tel.

Volgens hom gebruik die plakkers die strand oop en bloot as toiletgeriewe en is dit besig om ’n gesondheidsrisiko te veroorsaak.

Die stad Kaapstad se verordeninge stel dit dat geen persoon op enige deel van die strand-area mag bly, slaap, oornag of kamp nie. Daar mag ook geen tent of tydelike strukture vir oornagdoelwitte in die genoemde areas opgerig word nie.

Gemeenskapslede het ’n beroep op me. Nico Jowell, raadslid van wyk 54, gedoen om te verseker dat hierdie bywette deurgevoer word. Kommentaar is van haar aangevra.

Kapt. Fourie van Kampsbaai-SAPD sê dat hulle talle klagtes rakende die plakkers ontvang. ’n Navraag vir verdere kommentaar is gemaak.

Bronne: SAPD, Open Bylaws, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief