GAUTENG. – Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens het reeds teen 1 Januarie vanjaar die agterstand in kankerdiagnose by Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese hospitaal uitgewis.
Die laboratorium sê Donderdag dit lewer weer betroubare diagnostiese dienste aan 15 hospitale. Die sukses volg op ’n doelgerigte ingryping en samewerking met kundiges, insluitend ondersteuning van die Universiteit van die Witwatersrand en privaat laboratoriums.
Volgens die laboratorium dui dit op verbeterde pasiëntsorg en ’n meer stabiele gesondheidsdiens, met verdere planne om vaardighede te ontwikkel en tegnologie te gebruik om dienste te versterk.
Druk hier om meer te lees.





