IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAPSE AFDELING, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 2026-059905
In die ex parte aansoek van:
DANELLE MARKRAM – Eerste Applikant
Identiteitsnommer: 000203 0168 08 8
JOHNNY MARKRAM – Tweede Applikant
Identiteitsnommer: 000918 5236 08 1
KENNISGEWING VAN MOSIE
NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat ’n aansoek gerig sal word aan hierdie Eerbare Hof op 7 APRIL 2026 om 10h00 of so spoedig daarna as wat Regsverteenwoordiger aangehoor mag word, vir ’n bevel in die volgende terme:
- Dat die Applikante hiermee verlof toegestaan word om die huweliksgoederebedeling wat op hul huwelik van toepassing is, te verander ingevolge artikel 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere, Nr. 88 van 1984, deur die verlyding en registrasie van ’n notariële kontrak (“die notariële kontrak”), waarvan ’n konsep aangeheg is by die eerste applikant se funderende beëdigde verklaring onder bogenoemde saaknommer (as Aanhangsel “FA 5” daartoe) en welke kontrak, na registrasie daarvan, hul huweliksgoederebedeling sal reguleer as buite gemeenskap van goedere, onderhewig aan die aanwasstelsel;
- Dat die Registrateur van Aktes hiermee gemagtig word om die voormelde notariële kontrak te registreer, onderhewig aan voldoening aan die normale praktyk en vereistes van die akteskantoor;
- Dat hierdie bevel:
3.1 sal verval indien die notariële kontrak nie binne 3 maande vanaf die datum van die toestaan van hierdie bevel deur die Registrateur van Aktes geregistreer word nie; en
3.2 nie die regte van enige skuldeiser van die Eerste en Tweede Applikant op die datum van registrasie van die notariële kontrak sal benadeel nie;
Verdere en/of alternatiewe regshulp.
NEEM VERDER KENNIS dat die Applikante die kantore van BASSON BLACKBURN ING., c/o DE KLERK & VAN GEND, geleë te 10de Vloer, The Terraces, Bree Straat 34, Kaapstad, Wes-Kaap, aangewys het as die adres waar kennisgewings en betekening van alle stukke in hierdie verrigtinge ontvang sal word.
NEEM VERDER KENNIS dat die beëdigde verklarings van DANELLE KING en JOHNNY MARKRAM gebruik sal word ter ondersteuning van hierdie aansoek.
PLAAS DIE AANGELEENTHEID ASSEBLIEF DIENOVEREENKOMSTIG OP DIE ROL.
GEDATEER TE PAARL OP HIERDIE 13 DE DAG VAN MAART 2026.
BASSON BLACKBURN ING.
Prokureurs vir Eerste en Tweede Applikante
Hoofweg 109
PAARL
Tel: 021 – 871 1401
E-pos: [email protected]
(Ons verw: H Kotzé/MAT30012)
c/o DE KLERK & VAN GEND
10de Vloer, The Terraces
Bree Straat 34
KAAPSTAD
(Verw: C Albertyn)
AAN: DIE GRIFFIER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
KAAPSTAD
Datum van publikasie: 20 Maart 2026












