Lees ook: SAL gee inligting oor staking
KAKAMAS. – ’n Kindermolesteerder (40) is die week tot 20 jaar tronkstraf in die Kakamas-streekhof gevonnis.
’n Ma het in Maart 2023 ’n saak aangemeld na een van haar kinders vir haar gesê het die man het hom en sy broer (11 en 9 jaar) vier maande tevore seksueel aangerand. Dit het gebeur toe die seun en sy broer in die sorg van ‘n familielid gelos is toe die ma ‘n begrafnis op ‘n ander dorp bygewoon het.
Die man is in hegtenis geneem en is skuldig gevind op twee aanklagtes van seksuele aanranding.
Bronne: SAPD
Lees ook: SAL gee inligting oor staking





