GAUTENG. – Kira Meyer (12), wat op 10 Mei met ‘n elektriese skopfiets (scooter) geval het, is Vrydag deur dokters breindood verklaar. Sy het Saterdag gesterf. “My Kiratjie. Die woorde is min, my skat. My hart is so seer en my trane is opgehuil. Rus sag, my sussie. Tot ons mekaar weer sien,” het Charmonique Botha op sosiale media oor haar suster se dood gesê terwyl sy die tyd van afsterwe as 12:08 bevestig het.
Angelique Meyer, Kira se ma, het haar Saterdagoggend hartseer tot sosiale media gewend. “Kira is gister breindood verklaar deur 3 dr’s. Alhoewel sy nog aan masjiene gekoppel is, is sy reeds veilig by Jesus se voete.” Angelique het gesê dat hulle nog nie reg is vir ‘n plasing waarin hulle sê “rus sag” of “engelvlerkies” nie, maar sal dit wel doen wanneer hulle voel dat hulle reg is daarvoor. Dié mamma het steeds vir gebede gevra.
Laerskool Skuilkrans het ook Saterdagaand Kira se afsterwe aangekondig. “Rus in vrede, geliefde Kira. Jy los ‘n groot leemte in die Skuilkrans-gemeenskap.”
Lees Angelique Meyer en Charmonique Botha se plasings hier onder:
Angelique Meyer: “Ek sit al vir die laaste 30 minute met my foon op my skoot om die woorde te kry. Kira is gister breindood verklaar deur 3 dr’s. Haar longe het ook ingegee. Alhoewel sy nog aan masjiene gekoppel is is sy reeds veilig by Jesus se voete. Dit is ‘n onnatuurlike dood soos die drs verduidelik het en toetse en prosese moet gevolg word voor sy as geheel dood verklaar word. Op hierdie stadium probeer ons as haar ouers nog sin maak van als en ons is nog nie reg vir die post met “rus sag” of “engelvlerkies nie” ons as haar ouers sal wel die woorde spreek waneer die tyd reg is, waneer haar lyfie nie meer gekoppel is aan masjiene nie, en waneer ons n tyd van dood het. Baie dankie vir almal se gebede wat ons gedra het deur die tyd, moet asb nie ophou bid nie.”
Charmonique Botha het gesê: “16.05.2026 12:08 – ‘n Tyd en ‘n dag wat baie mense nie gaan vergeet nie want ons harte is uit ons borste geruk met een boodskap. “TIME OF DEATH 12:08”. Dis wat ons gekry het.
Ek sal nooit weer na ‘n geel kar kan kyk met die selfde oë nie, die woonbuurt se strate is sommer ekstra stil, mamma se huis wemel van mense wat simpatie kom wys. Jou kamer is nie meer dieselfde nie ek kan nie my self kry om weer op jou bed te sit en borsvoed nie, alhoewel dit die enigste kamer in mamma se huis is waar ek vir Kb rustig kan kry. 06 Desember 2013 was ‘n oproep wat ek nooit sal vergeet nie dit het amper iets soos die gegaan- mamma het my gaan aflaai die oggend by die skool om Afrikaans vraestel 3 te skryf en ek kan onthou hoe ek nog geskryf het ek kry n sussie vandag. 13h45 bel mamma my en sê vir my ek moet na die hospitaal toe loop (oorkant die pad van die skool). My sussie is gebore, ek het daar gekom en die mooiste bondeltjie liefde het daar gelê die son het perfek op jou velletjie geval in daai bedjie. 10.05.2026 my eerste en laaste Moedersdag, want ek soek nie meer ‘n Moedersdag nie ek is bang vir hulle, bang nog ‘n geliefde word weg gevat. Is ook n dag wat ek nooit sal vergeet nie dit het iets soos die gegaan …. Kb was moeilik ek het probeer om haar aan die slaap temaak daar het ‘n wit kar gery en gestop, hierdie vrou (tannie Natasha) wat se wange sop nat gehuil is het uit geklim, sy het so mooi lig blou (jou gunsteling kleur) baadjie aangehad en vir my gesê Charm sit gou neer en kom hier en die nuus is aan my gebreuk …..15.05.2026 het ek en tanie Tella koffie gedrink en ons hart was vol glo, want vandag is die dag ons het by die hospitaal gekom gekuier gelag. 13h20 sê hulle vir ons hulle wil met ons praat, dit voel asof die mure my wil insluk, elke sekonde in daai kamertjie raak die mure al hoe nader aan my dit voel asof die aarde my gaan insluk die gedrup van die kraan raak hard, my ore begin tuit ek sweet en al wat die Dr. kon uit kry om te sê is ek is jammer. NEE JY JOK DIT IS NIE DIT KAN NIE DIT MAG NIE is die woorde wat gemaak het laat die dr. nie kan klaar praat nie. 16.05.2026 sal ek ook nooit vergeet nie dit het iets soos die gegaan ….. Goeie more jammer vir julle verlies wil net sê ons is hier, kort daarna bel mamma om te sê sy gaan blomme en kerse opsit vir jou. Ek het aangebied om dit vir haar te doen nooit, sou ek dink dat ek vir my baba sussie se memorial walk moet blomme koop nie. Ek het vir Quinzelle uit die bed geruk met n oproep aan Rassie en dankie tog vir dit anders was daar nie blommetjies en ‘n mooi tafel nie. Ek het die blomme in my hand gehad, toe betaal tyd kom toe kon ek nie myself kry om in die ry te staan om te betaal nie want dit mag nie so wees nie dit is unreal jy is dan net vir n joyride om die blok. 12:21 kry ek n boodskap wat sê Tyd van dood 12.08 nog voor ek die boodskap kry soek ek n mooi foto van jou op facebook en eerste boodskap wat op kom is 12 jarige brein- dood verklaar na ongeluk op elektriese scooter met ‘n foto van jou.
Kira my lyf nooit het ek gedink die dag sal kom wat ons moet afskeid neem van jou nie, jy is dan nog so jonk, ek kry nie myself om te kan huil nie want ek is kwaad want hoekom my sussie hoekom ons baba sy was dan altyd vriendelik altyd vol grappies en energie. Kiratjie jy gaan so gemis word my skat hoe gaan ek ooit vir my dogtertjie kan verduidelik waar haar tannie Kira is, hoe gaan ek ooit my hart weer kan vertrou hy het my dan so baie hoop gegee die week alles is leeg en stil maar tog raas dit so baie”
Sondagaand het Charmonique gesê: Ek het eendag iewers gelees…. Sonneblome draai die heeldag soos die son beweeg en as daar een blometjie is wat nie die son kan vind nie draai hy na sy mede sonneblom om son te kan kry..Kiratjie ek het baie na jou gedraai om my son te kry jyt altyd n glimlaggie op daai gesigie gehad wat alles altyd beter gemaak het.
Ek mis jou my sussie”








