Klein, maar reeds gereed vir aksie

Lees ook :

Foto: Johan Maree (aXnshots)

In aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Judo Kampioenskappe wat gedurende die Julie-skoolvakansie in Bloemfontein aangebied word, bied SA Judo ‘n nasionale skolekompetisie aan vir kinders van 7-12. Die skolekompetisie lok inskrywings van alle distrikte in Suid-Afrika, asook Namibië en Zimbabwe.

Die kompetisie begin met ‘n afdeling vir beginners (novice) en gaan dan oor na die gevorderde afdeling. Op die foto kan gesien word hoe Luane Botha van die Gachi-klub in die Kaapse Wynlande (Boland) en Alissa Steenkamp van The Gentle Way-klub in Tshwane mekaar die stryd aansê in die /22 kg-kategorie vir beginners van 7 jaar. Luane het die goue medalje hier gewen en voortgegaan om ook die goue medalje in die gevorderde afdeling te wen. Alissa, wat silwer gewen het, het hierdie jaar met judo begin en Luane beoefen die sport reeds sedert sy drie jaar oud is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief