WES-KAAP. – ’n Plaaslike inwoner van Kleinbrak (66) het Maandag op die strand gesterf nadat hy glo in ’n sleurstroom beland het.
Volgens die Nasionale Seereddings-instituut het van hulle lewensredders Maandag om 8:40 inligting van ’n moontlike verdrinking slegs 450 m vanaf hulle strandtoring ontvang.
Die slagoffer is na bewering deur sy vriendin wat saam met hom geswem het met ’n groot gesukkel na die strand getrek. Sy beweer dat die slagoffer moeilikheid in die water opgetel het en gesukkel het om self uit die stroom te kom.
Nadat die drenkeling op die strand neergelê is, kon die lewensredders geen asemhaling of pols vind nie. Hy is deur die paramedici dood verklaar.
Sy identiteit kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat hy nog nie formeel uitgeken is nie.
Bronne: Times Live, EWN, IOL





