LIMPOPO. – Kahlodi Mokibelo, 21 maande, word sedert 2 April vermis. Die Hoedspruit-polisie het pogings om hom op te spoor, opgeskerp.
Sers. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê die seuntjie is as vermis aangemeld nadat hy glo saam met ander kinders in die Sedawa-dorpie gespeel het en daarna nie weer gevind kon word nie. Sy ma en familielede het onmiddellik begin soek, terwyl lede van die gemeenskap ook aangesluit het om die omgewing en ’n nabygeleë rivier te fynkam, maar sonder enige sukses. Sedertdien het die polisie ’n soetog van stapel gestuur wat nou verder met die hulp van verskeie rolspelers uitgebrei is.
Die polisie vra enigiemand met relevante inligting om kapt. Daniel Mukansi by 082 573 4773 te bel.





