WES-KAAP. – Die VF Plus het kommer uitgespreek oor die toestand van Witsand se ontsoutingsaanleg, wat volgens die party nie tans ten volle funksioneer nie.
Adv. Gert van Niekerk, VF Plus-streeksleier in die Tuinroete, sê bestuurs- en instandhoudingsprobleme by die Hessequa-munisipaliteit belemmer glo die aanleg se werking. Volgens inligting aan die party is daar onder meer probleme met die sonkragstelsel, kragtoevoer en die waterinlaatpyp wat tydens die Mei-vloede met sand en modder toegespoel is. Die VF Plus sê sowat R3,5 miljoen is die afgelope twee jaar aan instandhouding bestee, terwyl watertenkwaens gedurende die 2025/26-vakansieseisoen water moes voorsien.
Die party doen ’n beroep op die munisipaliteit om saam met plaaslike kundiges en ander rolspelers praktiese oplossings te vind om die aanleg weer ten volle en volhoubaar in werking te stel.
Druk hier om meer te lees.





