Koninklikes besoek VSA ondanks skietery

Lees ook :

Foto: President Donald Trump en koning Charles III by Windsor-kasteel 2025, England. (Amptelike Withuis-foto deur Daniel Torok, Wikimedia Commons)

INTERNASIONAAL. – Koning Charles III en koningin Camilla het in die VSA aangekom vir ’n vierdaagse staatsbesoek ter viering van die 250ste herdenking van Amerikaanse onafhanklikheid, ondanks die skietery twee dae gelede by ‘n galadinee waar die koning se gasheer, Donald Trump, teenwoordig was.

Die koninklike egpaar het vroeër vandag vir president Donald Trump en die eerste dame, Melania Trump, by die Withuis vir tee ontmoet. Later het hulle ’n tuinpartytjie by die Britse ambassadeur se woning in Washington, DC bygewoon.

Die besoek vind plaas te midde van gespanne betrekkinge tussen die VSA en die VK weens die oorlog in Iran. President Trump het onlangs eerste minister Keir Starmer gekritiseer oor sy weiering om militêre steun aan die VSA te verleen.

Hoewel koning Charles volgens konstitusionele gebruik van partypolitiek moet wegbly, hoop die Britse regering dat sy besoek aan die VSA kan help om diplomatieke spanning te verlig.

Volgens berigte van Sky News is dit die eerste keer dat Charles die VSA as monarg besoek, en ook die eerste staatsbesoek deur ’n Britse monarg sedert 2007.

Bronne: Sky News, CNN

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief