Kontant-in-transito-voertuig ry oor vermeende verdagte

Lees ook :

Foto: Skermgrepe van video-opname soos ontvang

MPUMALANGA. – ‘n Man is Dinsdag in Bosbokrand dood nadat ‘n kontant-in-transito-voertuig, ná ‘n beweerde aanval, twee keer oor hom gery het. ‘n Video-opname van die voorval, wat in Nuusflits se besit is, word wyd op sosiale media versprei.

Brig. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die kontant-in-transito-voertuig met twee veiligheidsbeamptes het stilgehou vir een om na ‘n nabygeleë winkel te gaan. ‘n Man het na bewering die passasiersdeur oopgemaak en die bestuurder met ‘n skerp voorwerp aangeval. Ander veiligheidsbeamptes wat gesien het wat gebeur het, het op die aanvaller geskiet. Die man het geval, waarna die bestuurder glo oor die man gery het. Hy is later op die toneel dood verklaar en is nog nie formeel geïdentifiseer nie. Sake van moord en poging tot roof word deur die polisie ondersoek.

Die polisie vra dat die grafiese video-opname weens trauma vir familielede van die man en sensitiwiteit van die publiek nie gedeel moet word nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief