KWAZULU-NATAL. – Die kop van die liggaam van ‘n oorledene (63) is Donderdagoggend by T-Section-begraafplaas in Umlazi uit ‘n graf gesteel.
Kol. Robert Netshiunda sê ‘n saak van lyk-en-grafskending is deur Umlazi-polisiestasie geopen.
‘n Veiligheidswag by die begraafplaas was omstreeks 09:00 besig met sy rondtes toe hy op die oop graf afgekom het. Die polisie is ontbied en daar is gevind die kop van ‘n liggaam is vermis.
Die polisie se ondersoek duur voort. Dis tans onbekend wie vir die diefstal verantwoordelik was.
Bronne: SAPD, The Surprise Golela Podcast and Updates, IOL en Trends Mzansi





