OOS-KAAP. – Die polisie op Bethelsdorp doen ’n beroep op die gemeenskap om inligting nadat ’n koperkerkklok by ’n kerk gesteel is.
Sers. Kechia Erasmus sê Sondag 27 September omstreeks 12:00 was die kerk gesluit en alles was in orde. Toe die sleutelhouer die volgende Dinsdag omstreeks 15:00 by die kerk kom, is ontdek dat die klok gesteel is. ’n Saak van diefstal is geopen en die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting oor die diefstal, of wat genader word om die klok te koop of verkoop, kan Erasmus by 072 388 7202 bel.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: