Brekende Nuus
Munisipaliteite

Kragonderbreking by 4 SAI duur reeds 2 weke

MPUMALANGA. – Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW) het bevestig dat ’n langdurige kragonderbreking in Middelburg reeds twee weke lank die 4 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon (4 SAI) en die aangrensende gesinskwartiere raak.

Die SANW sê die probleem geniet die nodige aandag van die eenheid se hoër hoofkwartier, terwyl tegnici tans op die terrein werk om die kragtoevoer te herstel. Die weermag het lede en hul gesinne verseker dat hul welstand ’n prioriteit is en dat alle nodige maatreëls getref word om die situasie so spoedig moontlik op te los.

Die SANW het nie aangedui wanneer die kragtoevoer na verwagting herstel sal wees nie.