Kritieke besering ná dieseltenk ontplof

Lees ook :

Foto: Midlands EMS

KWAZULU-NATAL – ’n Persoon het lewensgevaarlike beserings opgedoen toe ’n dieseltenk Dinsdagoggend omstreeks 10:40 in Mpophomeni ontplof het terwyl daar glo daaraan gewerk is.

Volgend Midlands EMS was nooddienste vinnig op die toneel waar die beseerde persoon aangetef is. Hy was in ’n kritieke toestand en gevorderde noodbehandeling is onmiddellik toegepas. Weens die erns van die beserings is hy tydens stabilisering op die toneel met ’n handventilator ondersteun. Die pasiënt is onder deurlopende sorg van gevorderde lewensondersteuning vir verdere behandeling na ’n nabygeleë spesialishospitaal vervoer.

Die oorsaak van die ontploffing is nog nie bevestig nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief