Kyalami beplan om Formule 1 na SA te bring

Lees ook :

Foto: Kyalami

GAUTENG. – Kyalami-renbaan in Midrand is volgens Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns, kultuur en ontspanning, ‘n stap nader om die Formule 1-motorresies na Suid-Afrika te bring.

Kyalami sê in ‘n verklaring wat Donderdag uitgereik is die minister het in September met Stefano Domenicali, die HUB van Formule 1 en Mohammed Ben Sulayem, die president van FIA, gedurende die Formule 1 in Azerbaijan ontmoet. Die ontmoeting was om ondersteuning vir die bod vir die Formule 1 te bespreek.

Toby Venter, die eienaar van Kyalami, het met Apex Circuit Design (Apex) ontmoet om beplanning vir FIA Graad 1-akkreditasie voor te berei. Apex het van die wêreld se beste renbane ontwerp en gelewer. Kyalami en Apex het met McKenzie ontmoet om die planne uiteen te sit.

Die Kyalami-bestuur het McKenzie en Panayza Lesufi, premier van Gauteng, vir ondersteuning om die Formule 1 na Afrika terug te bring, bedank.

Lees meer hier onder:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief