Kyalami beplan om Formule 1 na SA te bring

Lees ook :

Foto: Kyalami

GAUTENG. – Kyalami-renbaan in Midrand is volgens Gayton McKenzie, die minister van sport, kuns, kultuur en ontspanning, ‘n stap nader om die Formule 1-motorresies na Suid-Afrika te bring.

Kyalami sê in ‘n verklaring wat Donderdag uitgereik is die minister het in September met Stefano Domenicali, die HUB van Formule 1 en Mohammed Ben Sulayem, die president van FIA, gedurende die Formule 1 in Azerbaijan ontmoet. Die ontmoeting was om ondersteuning vir die bod vir die Formule 1 te bespreek.

Toby Venter, die eienaar van Kyalami, het met Apex Circuit Design (Apex) ontmoet om beplanning vir FIA Graad 1-akkreditasie voor te berei. Apex het van die wêreld se beste renbane ontwerp en gelewer. Kyalami en Apex het met McKenzie ontmoet om die planne uiteen te sit.

Die Kyalami-bestuur het McKenzie en Panayza Lesufi, premier van Gauteng, vir ondersteuning om die Formule 1 na Afrika terug te bring, bedank.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief