GAUTENG. – Nooddienste het hulle Sondag omstreeks 16:00 na ’n ernstige massa-ongeluk waarin sowat 25 mense persone beseer is, op die berugte Molotopad gehaas. Een persoon is op die toneel dood verklaar.
Volgens Pretoria Volunteer Emergency Services (PVES) is verskeie nooddienste na die toneel, noord van Pretoria, ontbied waar beseerdes met verskillende grade van beserings aangetref is. Buiten die oorledene sluit dit ‘n kind in wat in ‘n kritieke toestand was, asook ander pasiënte met ernstige, matige en ligte beserings.
Alle pasiënte is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle vir verdere behandeling na verskeie hospitale vervoer is. ’n Groot gekoördineerde reaksie van verskeie nooddienste en instansies is vereis om vinnige hulpverlening te verseker.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.
Die volgende dienste is vir ondersteuning op die toneel bedank; Best Care Emergency Medical Service, EST – Emergency Support Team, Kilo Delta On Call, Pro Med Emergency Medical Services, Netcare911, ER24 EMS (Pty) Ltd., Gauteng Emergency Medical Services, FunCure, Tshwane Emergency Services Department, Tshwane Metro Police Department, South African Police Service, asook die borge Zebra Medical en Ecomed Medical.








