KYK: 2 sterf in skietvoorval by vulstasie – moord ondersoek

Lees ook :

Foto's: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Die polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord ná ’n skietvoorval by ’n vulstasie naby ’n winkelsentrum in Westville. Twee mans het tydens die voorval gesterf, een met skietwonde en een toe hy glo geval het.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, is die een man met skietwonde dood in ‘n voertuig aangetref. ’n Tweede man het gesterf nadat hy glo uit die voertuig geklim het en geval het toe hy oor ’n muur probeer spring het. Voorlopige inligting dui daarop dat ’n wit BMW met drie insittendes Donderdagoggend by private veiligheidsbeamptes verbygery het wat die M19 gepatrolleer het. Die veiligheidsbeamptes het die voertuig glo agternagesit, waarna die insittendes van die BMW op hulle losgebrand het. ’n Jaagtog en skietery tussen die BMW se insittendes en die veilgiheidsbeamptes het uiteindelik by ’n vulstasie geëindig. Die polisie se ondersoek het verder onthul dat die BMW met gekloonde nommerplate toegerus was. Die bestuurder het later oorgegee en is in hegtenis geneem. Twee vuurwapens is in die voertuig gevind.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê die diens is na die skietvoorval in Spineweg ontbied. Paramedici was omstreeks 06:30 op die toneel waar ander dienste en die polisie saam met veiligheidsbeamptes reeds teenwoordig was. Paramedici is na ’n voertuig geneem wat glo deur wetstoepassers agternagesit is toe ’n skietgeveg uitgebreek het. Volgens Jamieson is ’n man binne-in die voertuig dood verklaar. Die tweede man wat ongeveer 15 tot 20 meter ver geval het, is ook op die toneel dood verklaar. Die derde insittende van die voertuig is deur die polisie in hegtenis geneem.

Die gebied is afgesper om ondersoekwerk moontlik te maak, terwyl die polisie die presiese omstandighede wat tot die voorval gelei het, ondersoek.

In die foto hier onder is reddingsdienste besig om na onder te beweeg om die liggaam van die man wat tydens die val oorlede is na bo te bring.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief