KYK: 3 vragmotors op N3 in Vosloorus aan die brand gesteek

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Yusuf Abramjee

GAUTENG. – Drie vragmotors is Woensdagaand op die N3 naby Vosloorus uitgebrand, nadat dit deur gewapende verdagtes aangeval is. Die vragmotors en hul vrag is tydens die voorval vernietig. Die polisie ondersoek sake van kwaadwillige saakbeskadiging en poging tot moord.

Polisiewoordvoerder, kol. Noxolo Kweza, sê volgens inligting het voertuie die pad versper, waarna verdagtes op die vragmotors losgebrand het in ’n poging om dit te kaap. Die bestuurders het daarin geslaag om ongedeerd te ontsnap. Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Tommy Mthombeni het die aanval skerp veroordeel en gesê die polisie sal alles in hul vermoë doen om die oortreders vas te trek. Enigiemand met relevante inligting oor die voorval word versoek om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief