KYK: 9 kry borg ná moord op TUT-dosent wat glo kinders verkrag

Lees ook :

Foto: Skermgreep NVG-video

GAUTENG. – Nege inwoners van Soshanguve Blok L wat van moord aangekla word nadat hulle glo geregtigheid in hulle eie hande geneem het, is deur die Soshanguve-landdroshof op R2 000 elk borg vrygelaat. Madasi Sifundo, ‘n voormalige dosent van die Tshwane Universiteit van Tegnologie is vermoor omdat hy glo volgens die gemeenskapslede twee minderjarige kinders verkrag het.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die insident het op 25 Februarie omstreeks middernag plaasgevind toe die gemeenskap beweer het dat die oorledene die kinders, onderskeidelik 9 en 12 jaar oud, verkrag het. Met die polisie se aankoms op die toneel het Sifundo naak en met sy gesig na onder in die straat gelê.

Die beskuldigdes is op 27 Februarie in hegtenis geneem. Tydens die borgtogaansoek het die beskuldigdes deur hul regsverteenwoordigers versoek om op borg vrygelaat te word.

Thandi Nduli, die staatsaanklaer, het die aansoek weens die erns van die aanklag teengestaan en omdat die beskuldigdes bekend is aan staatsgetuies, wat die risiko van getuienisintimidasie verhoog. Die hof het egter bevind dat uiterste omstandighede bestaan wat borgtog in die belang van geregtigheid regverdig en het die beskuldigdes vrygelaat. Die saak is vir verdere ondersoek tot 29 April uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief