KYK: Bejaarde oorleef aanval op kleinhoewe

Lees ook :

Foto's: Yusuf Abramjee en Ian Cameron

Waarskuwing! Die foto’s en video kan sommige lesers ontstel.

GAUTENG. – Trompie Kruger (76) het ’n gewelddadige aanval op ‘n kleinhoewe in Kameeldrift-Oos, in Pretoria, oorleef nadat vyf gewapende aanvallers glo op 15 April kort ná 23:00 sy huis binnegedring het.

Ian Cameron, voorsitter van die portefeuljekomitee oor die polisie, sê daar was volgens berigte ’n struweling met Kruger in die kombuis waartydens hy herhaaldelik oor die kop geslaan is. Hy is glo met ‘n 9 mm-pistool geslaan en verwurg totdat hy bewusteloos geraak het. Sy vrou Sunette en ‘n ander familielid was ten tyde van die voorval in die huis. Een persoon is met kabelbinders vasgebind en sy vrou het in ‘n kamer geskuil. Die slagoffer se seun daar was orals bloed. Cameron het bygevoeg dat landelike veiligheid steeds ’n groot uitdaging vir wetstoepassing in Suid-Afrika bly.

Kilo Delta on Call sê ’n noodoproep oor ’n inbraak en aanranding is op 15 April om 23:48 op die Kilo Delta Zello-hoofkanaal ontvang. Die Kilo Delta-span en GPF-reaksiespan het onmiddellik gereageer en vinnig op die toneel opgedaag, waar die situasie gestabiliseer en die gebied beveilig is. Mediese personeel van Kilo Delta het eerste ingegaan om noodhulp te verleen, waarna die traumaspan met verdere mediese ondersteuning bystand gebied het.

Intussen het die GPF-reaksiespan ’n soektog na die verdagtes geloods en twee verdagtes in die voertuig waarmee hulle gevlug het, aangekeer. Verskeie gesteelde items asook ’n ongelisensieerde vuurwapen is by hulle gevind. Volgens inligting het nog twee tot drie verdagtes uit die voertuig gespring en te voet gevlug. Kilo Delta het op die toneel gebly en ondersteuning verskaf totdat die GPF-reaksiespan teruggekeer het nadat die inhegtenisnemings gemaak is. Waardering is ook teenoor APA en die GPF-reaksiespan uitgespreek vir hul goeie samewerking en professionele optrede.

Bronne: Yusuf Abramjee, Ian Cameron, Eesruf Veiligheids Groep Reaksie-span

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief