KYK: Beslag gelê op 7 busse tydens operasie om skoliervervoer te beveilig

Lees ook :

Foto: Gauteng Departement van Gemeenskapsveiligheid

GAUTENG. – Vanoggend (Maandag) het die Gauteng-verkeerspolisie, die Suid-Afrikaanse polisiediens en die Tshwane-metropolisie hulle pogings vir padveiligheid vir leerlinge verskerp tydens ’n operasie in Soshanguve om veiligheid vir skoliervervoer te handhaaf. Daar is op sewe busse beslag gelê.

Volgens die provinsiale departement vir gemeenskapsveiligheid het die operasie gefokus op padveiligheid deur te kontroleer of openbarevervoeroperateurs, veral skoliervervoeroperateurs wat kwesbare passasiers – kinders – vervoer, aan die wet voldoen. Tydens die operasie is daar op sewe busse beslag gelê en boetes is uitgereik omdat hulle sonder permit bedryf is.

Die wetstoepassingsowerhede het beklemtoon dat hulle nie die versuim om verkeersregulasies na te kom, sal duld nie en dat diegene wat skuldig bevind word, die volle mag van die wet sal ervaar. Hierdie operasie vorm deel van die regering se ingryping om die veiligheid van alle padgebruikers te verseker.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief