Kyk: Bok teen luiperd, hiënas en krokodille

Lees ook :

Kyk: Bok teen luiperd, hiënas en krokodille. Foto: Travis Carreira

MARLOTH-PARK, MPUMALANGA. – Beeldmateriaal van ’n impala wat teen ’n luiperd, hiënas en krokodille te staan kom, is onlangs aan Latest Sightings verskaf.

Travis Carreira, ’n toeris, het die oomblik vasgevang vanuit Marloth-park wat aan die Kruger- nasionale park grens.

In die video kan gesien word hoe ’n jong luiperd ’n impala vang. Dit is nie lank nie voordat ’n hiëna opdaag en die vangs wil deel nie. Die luiperd los die lewendige impala en die hiëna dink hy het gewen.

Kort daarna kom twee krokodille aangewaggel en wil hulle deel van die vangs opeis. ’n Tweede hiëna kom te voorskyn en staan nie terug vir die krokodille nie.

Die insident het glo aan die oewer van die Krokodil-rivier afgespeel.

Kyk hier na die video van Travis Carreira:

Bron: Latest Sightings

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief