Christia Visser is nie net ’n talentvolle aktrise nie. Haar nuwe enkelsnit Ek sal as jy sal is onlangs vrygestel.
Aanhangers beskryf die lied as “ideaal om ’n dansvloer vol te kry” en “’n liefdeslied met diepte”. Sy het ook die lied op Die Groot Ontbyt gesing en het dit vir die eerste keer die naweek ‘lewendig’ by die Klein-Kariba ATKV-oord gesing.
Die lied is deur Sony Music Entertainment Africa en Select Musiek uitgegee.
Bronne: YouTube, Christia Visser Facebook





