Meer foto’s in berig.
LIMPOPO. – ‘n Enorme luislang van byna 5 meter (ongeveer 4,7 m) is in die Warmbad-omgewing raakgeloop, nadat dit vir jare net skrams opgemerk is.
Volgens Lize Marais is dié slang al vir sowat vier jaar net deur spore, ’n waarneming deur ’n werker wat haar een keer in ’n dam sien swem het en ’n enkele kamera-opname bekend. Verder is sy nooit werklik gesien nie. Dié indrukwekkende slang het egter uiteindelik haar verskyning gemaak toe sy in die son gelê het saam met ’n kleiner mannetjie van sowat 2 meter.
Die luislang is veilig hanteer en verwyder.








