KYK: Jolly Dolphin verskerp veiligheid ná bakleiery

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video South Africa Daily

Waarskuwing! Die video-opnames kan sommige lesers ontstel. Verskeie motorfietsklubs het intussen ook verklarings oor die voorval uitgereik wat hier onder gelees kan word.

OOS-KAAP. – Jolly Dolphin in Jeffreysbaai het bevestig dat strenger veiligheidsmaatreëls ingestel is ná ’n bakleiery wat op 26 Desember op die perseel plaasgevind het.

Luidens Jolly Dolphin se bestuur het die voorval aanleiding gegee tot die onmiddellike hersiening en verskerping van veiligheidsprosedures. Dit sluit meer deeglike veiligheidskontroles, ’n verhoogde veiligheidsteenwoordigheid en die aanstelling van professionele uitsmyters van Smhart Security in.

“Jolly Dolphin duld geen vorm van geweld nie, en die veiligheid en welstand van ons kliënte, personeel en die gemeenskap bly ons hoogste prioriteit,” het die bestuur gesê.

Die bestuur het verder bevestig dat alle persone wat by die bakleiery betrokke was, permanent van die perseel verban is. Luidens die verklaring is die stappe gedoen om te verseker dat die omgewing veilig bly vir besoekers wat die lokaal gedurende die feestyd besoek.

Druk hier om ‘n video-opname van die voorval wat op die South Africa Daily Facebook-blad gedeel is, te sien en kyk die ander een hier onder.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief