Ondersoek geloods oor video van ‘verskaf van alkohol aan jong kinders’

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname in skakel

OOS-KAAP. – Die Ngqamakhwe-polisie het Dinsdag ’n strafsaak geopen nadat ’n video wat op Kersdag opgeneem is en minderjariges wys wat alkohol gebruik, op sosiale media versprei is. Die voorval betrek vyf kinders, van 8 tot 12 jaar oud.

Luidens ‘n verklaring deur brig. Nobuntu Gantana het die polisie die voorval se ligging na ’n woning in Khothane- administratiewe gebied, Santini, in Ngqamakhwe, opgespoor. ’n Saakdossier is geregistreer vir die oortreding van die Nasionale Drankwet (Wet 59 van 2003), wat die verskaffing of beskikbaarstelling van alkohol aan minderjariges verbied.

Geen inhegtenisnemings is in hierdie stadium gemaak nie. Sodra die ondersoek afgehandel is, sal die saakdossier aan die kantoor van die direkteur van openbare vervolging voorgelê word vir ’n besluit oor verdere stappe. Die polisie beskou die voorval in ’n ernstige lig en doen ’n beroep op ouers, voogde en gemeenskapslede om verantwoordelik op te tree en kinders se veiligheid te prioritiseer.

Name Shame & Expose Durban Facebook-blad het die video-opname gedeel waarin gesien kan word hoe verskeie kinders, in die teenwoordigheid van volwassenes, ‘n vloeistof uit groen deurskynende bottels drink.

Druk hier om na die video-opname te kyk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief